<$BlogRSDUrl$>

01/12/2003

Begin van die kerk kalender



Die skepping het verskillende siklusse. Hierdie siklusse vorm ritmes wat inmekaar invloei en groei bevorder. Die konstante beweging in hierdie dinamiese sisteem word tog herhaal en daarom is daar ook ’n mate van voorspelbaarheid.

Nag word verlig deur dag. Somer vloei na herfs wat krimp in winter wat verhelder word deur lente en swel na somer. Die son en die maan ruil plekke in die hemelruim, soos ’n klimtol wat op en af gaan. Die reën week deur die grond, grond wat drooggelaat is waterlose dae. Party dae vlieg insekte in ’n wind kalm dag oor die water, hulle vlerke vibrerend; polsend. Ander dae is daar nie insekte nie want die wind huil deur die bome. Alles het seisoene en ritmes.

Alles. Die gees wat God ons gegee het ook. Net soos die kalender ingedeel word in maande en daarop aangedui word wanneer die seisoene draai, is daar geestelike seisoene. Seisoene waarin ons onthou waar die Gees gewaai het. Bakens wat ons siel anker, wat ons help om te onthou en onsself in ware realiteit te dompel. Sonder hierdie ankers sal ons wegdryf. Anders sal ons weggeskeur word in ’n mallemeule van ongesinkroniseërde ritmes.

Hierdie geestelike seisoene is vir eeue deur die kerk kalender bewaar. Ons taak sal wees om dit te leer ken om herontdekkings te maak. Hierdie week is die begin van nog ‘n jaar in die kerk se kalender. As ‘n gemeenskap gaan ons die polsende ritmes van God se koninkryk deur die jaar ontdek en leef. Vir die volgende vier weke gaan ons Advent vier. Op die site gaan ek die week se Skrifte in die kolom aan die linkerkant plaas. Dit is ‘n voorreg om God se woord te kan lees en bestudeer.


10/11/2003

Julle kan vandag se Bybelstudie oor die Herder hier kry
OK julle hier is die naam studies wat ek vandag gedoen het, sê jou sê oor watter naam jy verkies! Ons sal graag teen Donderdag 'n naam wil hê.

Opsie 1: Kleipot gemeente/community:

Vertalings van 2 Korinthiërs 4:7

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. Nuwe vertaling

Yet we who have this spiritual treasure are like common clay pots, in order to show that the supreme power belongs to God, not to us. Good News

We carry this precious Message around in the unadorned clay pots of our ordinary lives. That’s to prevent anyone from confusing God’s incomparable power with us. Message

- Die eertse keer wat klei voorkom in die Bybel is in Genesis 11:3 met die bou van die Toring van Babel. Tydens die bou van Babel wou hulle vir hulself “ ‘n naam maak”. Paulus se beeld met klei is die teenoorgestelde – die kleipot is niks in vergelyking met die skat – ons bestaan om die Here se Naam bekend te maak.

- In Rigters sewe gebruik die Here vir Gideon om die Midianiete te verslaan, die Here verminder Gideon se weermag sodat hulle nie op hulself kan roem nie. Paulus sinspeel op hierdie gebeurtenis.

Die Here het vir Gideon gesê: “Ek kan Midian nie oorgee in die mag van soveel manne by jou nie. Israel sal teenoor My spog en sê: ‘Ek het myself gered.’ Rigters 7:2

Die kleipot beeld link ook sterk met die metafoor van die Pottebakker,

Maar nou, Here, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van U hande. Jesaja 64:8

‘n Alternatief vir Kleipot gemeente kan Kruik gemeente/communitywees. Kruik kan ook as ‘n akroniem dien (wat ons later kan uitwerk, hier is slegs voorbeelde).

K – Kleipot, Koning Jesus, Kruis
R – Roeping, Rots, Redding
U – Uit Hom, Uittog (journey)
I – In liefde, In eenvoud, In die Woord
K – Kerk, Kalender

Opsie 2: Quarry gemeente/community:

The LORD says, “Listen to me, you that want to be saved, you that come to me for help. Think of the rock from which you came, the quarry from which you were dug. Jesaja 51:1

- Die Here sê in hierdie teks dat ons almal uit die selfde Quarry gekap is. As ons die Bybel lees moet on sweet dat al die ‘heroes’ uit dieselfde materiaal as ons gekap is.

The stones with which the Temple was built had been prepared at the quarry, so that there was no noise made by hammers, axes, or any other iron tools as the Temple was being built. 1 Konings 6:7

- Van die klippe in die tempel het 600 ton geweeg en daar mag glad nie by die tempel gekap geword het nie, net so word ons ook gekap en gebytel om deel te wees van die geestelike huis wat die Here voorberei.


Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is. Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. 1 Petrus 2:4-5

- Jesus is ons hoeksteen en ons bou op Hom, Hy is die steen wat ons gebruik as ons riglyn om ons lewens te bou. Die hoeksteen was ‘n massiewe steen wat honderde tonne geweeg het.

Present yourselves as building stones for the construction of a sanctuary vibrant with life, in which you’ll serve as holy priests offering Christ-approved lives up to God. 1 Petrus 2:15 (Message)

- Selfs die stene wat onder die grond as fondasie gelê is was perfek gekap gewees. Dit wys op die integriteit van die werk.

“Some foundation stones were planned to be placed under the ground and never to be seen again. Nevertheless, modern archaeology shows these stones to be as perfectly cut as those planned to be at eye level above the street! Decorative stones so high above street level that they could not possibly be seen from down below are also perfect! It is almost as if the stone cutters took special care with those stones that would never be seen again.”

03/11/2003

Gister se meeting was baie lekker gewees! Dankie vir almal se bydraes. Ons het vandag die kontrak vir ons nuwe ontmoetingsplek geteken, dit is fantasties en ons dank die Here vir Sy voorsiening. Dankie aan Ewerd en Marga wat die plek ontdek het. Die plek se naam is Berario Recreation Centre julle kanhier clickvir aanwysings.

Een van die ‘pressing issues’ is die naam vir die gemeente. Ons het besluit dat ons dertig minute aan die einde van die diens gaan gebruik vir ‘n bespreking en besluit oor die naam.

Almal moet asseblief drie name saambring, hier is ‘n paar riglyne vir die kies van ‘n naam:

- Dit moet gekoppel kan word aan ‘n prentjie
- Nie ‘n negatiewe konotasie hê nie
- Kan Engels of Afrikaans wees
- Moet kort wees, maw nie “Nuwe gereformeerde lighuis bediening opgedra aan Vader, Seun en Heilige Gees”
- Die naam moet as ‘n brug dien vir ‘n verduideliking

Julle is ook welkom om vriende vir hierdie Sondag uit te nooi.

21/10/2003

Ek weet nie van julle nie maar Sondag was ‘n wondwerlike tyd vir ons gewees! So lekker om te praat oor die Here wat die hoeksteen is en oor ‘n gemeenskap wat soos ‘n quarry is waar daar gebeitel en geslyp word. Die ete na die tyd was ook wonderlik gewees (Suzette baie dankie vir die great nuwe Lasagna).

Hierdie week het klaar goeie vrugte opgelewer. Gister het ek met ‘n vriend gaan middagete eet, hulle huur kantore by ‘n organisasie wat mense help om kerk te plant. Ek gewaar toe hulle ‘boardroom’ en vra of ons dit nie kan gebruik nie – ons sal vandag of more hoor. Die plek is baie naby aan Suzette se huis en het wonderlike veilige parkering (bid asseblief dat die Here vir ons die beste plek sal gee).

Wanneer ons ‘n nuwe plek het, sal die vir ons die geleentheid gee om die kern van ons groep groter te maak. Dink en bid ook asseblief oor wie julle elkeen kan uitnooi (ons sal graag ‘n kern wil bou van dertig of veertig maats).

Ek het hieronder twee spasies gemaak vir julle input. Een is oor die naam van ons gemeente en die ander is vir idees vir ‘n plek. Julle kan na sê jou sê toe gaan om die besonderhede in te vul.

Die groepie moet ook 'n naam kry en na ons studie hierdie week het ons al 'n paar name in potlood neergeskryf:

Cornerstone Community Church
Steengroef
Quarry
Tekton
Ekklesia

As julle idees het, click op sê jou sê.
Ons is tans besig om na 'n plek te soek waar ons kan ontmoet. Suzette se huis is wonderlik maar ons gaan 'n groter spasie nodig hê om meer mense te nooi. Die plek moet 30-40 mense kan herberg en daar moet veilige parkering wees. Enige plek in 'n vyftien minute radius vanaf Cresta sal werk. As julle idees het, click op sê jou sê.

15/10/2003

Julle kan die materiaal vir die naweek lees deur hier te click.

08/10/2003

Vriende, hierdie is ‘n plek waar ons met mekaar kan gesêls, gebedsversoeke kan deurgee en idees rondgooi. Die metafoor vir hierdie spasie is ‘n reis – want ons almal is op hierdie ‘journey’. Dit is ‘n plek wat ons kan gebruik as ‘n piekniek deur die week. Julle kan deelneem aan hierdie proses deur die ‘Sê jou sê' funksie aan die onderkant van hierdie bladsy te gebruik. Ek sal van die resources wat ons in ons groep gebruik op hierdie site sit – vir almal se lees ensv. Julle sal ook sien dat daar ‘n spasie is om te wys waar ons die week ontmoet. As daar van julle is wat ook op hierdie site wil skryf (behalwe die Sê jou sê), e-mail my en ek sal vir julle help om dit te kan doen. Laat weet ook as julle enige idees het!

Sien julle Sondag by Emmerentia en onthou om iets te bring om te eet (almal bring 'n gereg vir almal). Ons sal hierdie week verder praat oor die Koninkryk van God.

This page is powered by Blogger. Isn't yours?